Kry insigte vinnig met Google Forms
Skep en deel maklik aanlyn vorms en opnames, en ontleed antwoorde intyds.
Skep ’n aanlynvorm net so maklik soos ’n dokument
Kies uit verskeie vraagtipes, sleep en los om vrae te herorganiseer, en pasmaak waardes maklik met die plak van ’n lys.
Stuur afgeronde meningsopnames en vorms
Pasmaak kleure, prente en lettertipes om die styl en gevoel aan te pas of om jou organisasie se handelsmerk uit te beeld. En voeg gepasmaakte logika by wat vrae wys wat op antwoorde gebaseer is vir ’n meer vloeiende ervaring.
Ontleed antwoorde met outomatiese opsommings
Sien grafieke met intydse antwoorddataopdaterings. Of maak die rou data oop met Google Sheets vir dieper ontledings of outomatisering.
Skep opnames en reageer op opnames vanaf enige plek
Skep, wysig en kry toegang tot vorms terwyl jy aan die beweeg is, vanaf groot of kleiner skerms. Ander mense kan op jou opname reageer van waar hulle ook al is – vanaf enige mobiele toestel, tablet of rekenaar.
Bou vorms en ontleed saam resultate
Voeg medewerkers by – net soos met Google Dokumente, Blaaie en Skyfies – om intyds saam vrae te bou. Ontleed dan die resultate saam sonder om veelvuldige weergawes van die lêer te deel.
Werk met skoon antwoorddata
Gebruik ingeboude intelligensie om antwoordvalideringreëls te stel. Veseker byvoorbeeld dat e-posadresse korrek geformateer is of dat syfers binne 'n gespesifiseerde reikwydte val.
Deel vorms via e-pos, skakels of webwerwe
Dit is maklik om vorms te deel met spesifieke mense of met 'n wyer gehoor deur vorms by jou webwerf in te bed of deur die skakels op sosiale media te deel.
Sekuriteit, voldoening en privaatheid
By verstek veilig
Ons gebruik bedryfsleidende sekuriteitsmaatreëls om jou data veilig te hou, insluitend gevorderde wanwarebeskerming. Vorms is ook gebaseer op die wolk, wat die gebruik van plaaslike lêers uit die weg ruim en enige risiko vir jou toestelle minimeer.
Enkripsie in transito en in rustoestand
Alle lêers wat na Google Drive toe opgelaai word of wat in Vorms geskep word is in transito en in rustoestand geënkripteer.
Voldoening om regulatoriese vereistes te steun
Ons produkte, insluitend Vorms, word gereeld onafhanklik geverifieer vir hul sekuriteit, privaatheid en voldoeningkontroles.
Ontwerp vir privaatheid
Vorms kom dieselfde robuuste privaatheidverbintenisse en databeskerming na as die res van Google Cloud se ondernemingsdienste.
Jy beheer jou data.
Ons gebruik nooit jou Vorms-inhoud vir advertensiedoeleindes nie.
Ons verkoop nooit jou persoonlike inligting aan derde partye nie.
Kry die pakket wat reg is vir jou
Google Forms is deel van Google Workspace
Elke pakket sluit die volgende in
Vir Persoonlike gebruik (Gratis) |
Business Standard$12 USD
per gebruiker/maand, verbintenis van 1 jaar Of $14.40 per gebruiker/maand, indien fakturering maandeliks plaasvind
|
|
---|---|---|
Dokumente, Blaaie, Skyfies, Vorms
inhoudskepping |
||
Drive
Veilige wolkberging |
15 GB per gebruiker |
2 TB per gebruiker |
Gedeelde Drives vir jou span |
||
Gmail
Veilige e-pos |
||
Gepasmaakte besigheids-e-pos |
||
Vergader
Video- en stemkonferensies |
100 deelnemers |
150 deelnemers |
Vergaderingopnames gestoor in Drive |
||
Admin
Gesentraliseerde administrasie |
||
Groepgebaseerde sekuriteitbeleidkontroles |
||
Kliëntediens |
Aanlyn selfhelp en gemeenskapforums |
24/7- aanlyn steundiens en gemeenskapforums |
Kry 'n voorsprong met template
Kies uit 'n verskeidenheid meningsopnames, vraelyste en ander template deur professionele ontwerpers om vinnig aan die gang te kom.
Besoek die Vorms-templaatgalery vir meer.