Wys die binne- en buitekant van jou besigheid

Foto’s en virtuele toere help mense om te besluit om ’n besigheid te besoek. Vergroot jou aanlyn teenwoordigheid en wys jou besigheid in die beste lig, binne en buite. Laat klante voor hulle besoek weet wat om te verwag terwyl hulle deur Straataansig-prente blaai.

Google Straataansig-wêreldikoon

100+

lande en gebiede op Straataansig

Google Straataansig-gebruikersikoon

1 miljard+

maandelikse gebruikers op Google Maps

Google Straataansig-liggingikoon

200 miljoen+

besighede en plekke is op Google Maps gelys

Google Straataansig: Groen lyn op Besigheid-bladsy

Laat mense weet wat om te verwag met ’n 360-aansig van jou winkelvenster

Skep jou eie buiteprente om besoekers na jou ligging te lei en vir hulle belangrike inligting te wys, soos waar hulle kan parkeer en of jou ingang rolstoeltoeganklik is.

Google Straataansig: 360-aansig van ’n winkelvenster

Laat jou besigheid aandag trek met ’n virtuele toer

Verwelkom jou klante aan die binnekant sodat hulle ’n gevoel van jou besigheid kan kry en wat dit hulle kan bied voordat hulle aankom. Neem foto’s van jou fasiliteite, produkrakke en spyskaarte en publiseer dit self op Straataansig, of met die hulp van ’n professionele persoon.

Skep jou virtuele toer
Google Straataansig: Binnenshuise 360-toer van die Wonders Boutique in Zanzibar

Laat jou besoekers aanhou terugkom met nuwe prente

Het jy sopas ’n ombouing voltooi of begin om nuwe produkte aan te bied? Dateer jou foto’s in Straataansig op.  Beheer jou aanlyn beeld deur jou klante ingelig te hou oor veranderinge en opwindende aanbiedings.

Google Straataansig: Besigheid se winkelvenster deur Getty Images – Tinpixels
Google Straataansig: Geel lyn op Besigheid-bladsy

Hoe om te begin

Google Straataansig-kamera-ikoon

Kry ’n kamera of huur ’n professionele persoon

Google Straataansig: Pegman neem ’n foto

Skep jou prente

Google Straataansig: Publiseer prente met Straataansig Studio

Publiseer jou prente