Bemagtiging van plaaslike gemeenskappe in Zanzibar met Straataansig

Vir enige bestemming wat op toerisme staatmaak om hul ekonomie te laat groei, is dit ’n prioriteit om internasionale bewustheid ’n hupstoot te gee – Zanzibar is geen uitsondering nie. Die Zanzibar-beplanningskommissie was vasbeslote om die natuurskoon van hul eilandgroep ten toon te stel toe hulle die ekonomiese impak van hul land beplan het – en Straataansig was daar om te help. Die kommissie het saam met professionele fotograwe Federico Debetto, Nickolay Omelchenko en Chris du Plessis van World Travel in 360 (WT360) Projek Zanzibar van stapel gestuur en plaaslike gemeenskappe geïnspireer om op hul eie met die projek voort te gaan.

Google Straataansig: Bemagtiging van plaaslike gemeenskappe in Zanzibar

Watch the film

Link to Youtube Video (visible only when JS is disabled)

1 700 km

gefotografeer

980 duisend

prente gepubliseer

33 miljoen

kyke

105 hotelle

gelys

Dryf groei saam aan

Kartering volgens skaal is ’n uitdaging. Daarom het die WT360-span met twaalf studentevrywilligers van die Staatsuniversiteit van Zanzibar kragte saamgespan om die pragtige eiland van Unguja te karteer. Onder die kundige leiding van Federico, Nickolay en Chris het hulle 1 700 kilometer se filmmateriaal vasgevang.

Toerisme dra meer as 30% tot ons BBP by. As gevolg daarvan kan ons ons jongmense en diegene wat reeds in die toerismebedryf werk, oplei. Daar was ’n stadium wat mense gedink het toerisme gaan bloot oor hotelle. Toerisme is meer as dit. Jy het geskiedenis, jy het lugdienste en jy het die bemarkingsy. As meer Zanzibari’s by die bedryf betrokke raak, sal dit tot groot voordeel van die regering én die ekonomie van die land wees.

-

Simai Mohammed Said, minister van toerisme en erfenis in Zanzibar.

Namate Zanzibar ontwikkel, plaas Frederico se span gereeld nuwe 360-foto's van plaaslike strate. Dit help met die ontwikkeling van infrastruktuur en om meer besoekers na die land te lok.

Google Straataansig: Straatfoto deur Feberico Debetto in Zanzibar

Neem besighede wêreldwyd met 360-beelde

Vroeër hierdie jaar het Federico begin om die noordelike eiland van Pemba te verken. In slegs 6 dae het Federico en Ibrahim Khalid, ’n voormalige studentevrywilliger, meer as 500 kilometer se beelde en 40 lugpanoramas vasgevang. Hulle het dit na Google Maps met Straataansig Studio opgelaai.

Met akkurate filmmateriaal van toeristebesienswaardighede, erfenisgebiede, hotelle en besighede, kon hulle die National Global Tour of Zanzibar skep. Dit is ’n beeldversamelingplatform wat vinnig groei en die eilande wêreldwyd bemark.

Van kartering tot werkskepping

Toe Federico vir Shamymu Yassin die eerste keer ontmoet het, was sy ’n student wat gehoop het om ’n hommeltuigvlieënier te word. Aangespoor deur haar verbintenis om Zanzibar se toekoms beter te maak, het Shamymu die WT360-span genader om meer oor Straataansig-tegnologie te leer. Sy het geleer watter kamera die beste is om te gebruik, hoe om foto’s te neem en hoe om hulle na Google Maps op te laai. Shamymu het hierdie vaardighede vinnig bemeester en ’n professionele fotograaf geword. Vir ’n bestaan verken en karteer sy Zanzibar se eilande.

Federico, Shamymu en Ibrahim werk tans om nuwe lugfoto’s van Zanzibar op te laai en spits hulle toe op die nuutste ontwikkelde gebiede, nuwe besighede en opgeknapte hotelle. En met die opening van Zanzibar se pretpark brei hul missie voortdurend uit.

Kartering volgens skaal in Zanzibar: slimmer en vinniger datapublisering met Straataansig Studio

Foto- en kameragehalte het sedert 2019 verbeter, en met die bekendstelling van Straataansig Studio het dit makliker en vinniger geword om beeldmateriaal te publiseer. Fotograwe kan veelvuldige 360-video's op een slag oplaai, vordering monitor, opgelaaide materiaal volgens plek of oorspronklike lêernaam soek, en hul toekomstige versamelings met interaktiewe kaartlae beplan.

 

Ons het Straataansig Studio gebruik om Pemba-eiland in sy geheel te publiseer. Die hoofverbeteringe aan die nutsding is organisasiegegrond, soos om oplaaie wat onderbreek word te kan hervat, en om etlike video's saam op te laai sonder om in die nag op te staan om nuwe lêers by te voeg. Hierdeur het ons baie ure se slaap gespaar!

-

Federico Debetto, professionele fotograaf

 

Bou die toekoms

Projek Zanzibar is begin met die doel om plaaslike studente te bemagtig en op te lei om hul land te karteer – en dit het sedertdien wêreldwyd ’n impak gehad. Drie jaar later het die projek plaaslike besighede op die voorgrond geplaas en beroepsgeleenthede vir voormalige vrywilligers soos Shamymu en Ibrahim ontsluit.

Deel jou eie Straataansig-prente