Hoe Autori padinstandhouding in Finland gerevolusioneer het – een Straataansig-prent op 'n slag.

Die gehalte van padoppervlaktes, verouderde padtekens en onverligte strate is ’n daaglikse stryd vir bestuurders en munisipaliteite oor die wêreld heen. Autori, ’n sagtewaremaatskappy in Finland wat oplossings vir die instandhouding van infrastruktuur ontwikkel, het egter ’n manier gevind om straatvlakdata meer doeltreffend met Google Maps Straataansig te versamel en te ontleed.

40 000 km

gefotografeer

8 miljoen

prente gepubliseer

50 miljoen

kyke

paddata

20

vasvangprojekte

Die vereenvoudiging van padinstandhoudingbestuur in Finland

Autori, wat in 1988 gestig is, verskaf sagteware-as-’n-diens-oplossings (SaaS) vir Finland se padowerhede, kontrakteurs en derdepartykonsultante vir toestandbestuur, aksiebeplanning en instandhoudingkoördinering. Die monitering van padtoestande oor die hele land neem baie tyd in beslag en kos 'n fortuin, maar waar ander maatskappye net kostes gesien het, kon Autori munt slaan uit 'n unieke geleentheid. Deur middel van hul eie Straataansig-prente en SaaS-oplossing, het hulle ’n nutsding geskep om infrastruktuurdata en besluitneming oor padinstandinhouding in Finland beter te bestuur.

Die behoefte aan spoed en datadeling

Padowerhede moet gewoonlik elke pad fisiek besoek om uit te vind watter werk op spesifieke plekke nodig is. Dit beteken duisende kilometers wat gery moet word en ontelbare stoppe om aantekeninge te maak. Dit is nie net sleg vir die omgewing nie, maar is ook duur, swaar op hulpbronne en uiters tydrowend. Die behoefte aan ’n gedigitaliseerde en meer omgewingsvriendelike oplossing het Autori dus aangespoor om innoverend te dink. En Straataansig was die eerste straatvlak-visualiseringoplossing wat by hulle opgekom het.

 

Om tred te hou met padinstandhouding vereis die gereelde deling van ’n enorme hoeveelheid data met baie verskillende partye. Straataansig het al die nodige nutsgoed om inligtingdeling onder gebruikers makliker te maak – almal met ’n slimfoon kan dit kry en niemand benodig enige aanmeldings of sagteware-installasies daarvoor nie. En hoewel Straataansig al voorheen vir padinstandhouding gebruik is, was die grootste uitdaging om die data bygewerk te hou. Ons het ’n geleentheid raakgesien om hierdie probleem op te los deur Straataansig met ons padinstandhoudingsagteware te integreer.

-

Ari Immonen, hoof van Autori se Raadgewende Afdeling vir Digitalisering

 

Google Straataansig: Autori karteer Finland se paaie

Die samesmelting van aanlyn en vanlyn vir padveiligheid

Autori het vroeg in 2017 begin met die fotografering en oplaai van 360-prente van die nasionale paaie in Finland. Hulle het die maatskappy se Google-rekening gebruik om die prente te publiseer. Sedertdien het hulle 40 000 km se nasionale paaie gedek en 8 miljoen prente opgelaai, wat padinstandhoudingbestuur sodoende aanlyn gebring het. Deur Straataansig met hul SaaS-oplossings te integreer, het hulle dit vir padowerhede maklik gemaak om oor 'n afstand toegang te verkry tot bygewerkte inligting oor padbates.

Te danke aan prente wat Autori op Straataansig gepubliseer het, kan aanmeldings van ontbrekende padtekens en -merke of slaggate opgelaai en gemerk word vir inspeksie deur die betrokke partye vanuit hul kantoor, via Autori se kontroleskerm. Danksy die verskaffing van 'n pasmaakbare oplossing stel Autori ook kontrakteurs in staat om die beplanning en opvolging van die nodige onderhoudswerk op een plek te doen. Wanneer die instandhoudingswerk voltooi is, word nuwe 360°-prente van die gebied deur werkers geneem en opgelaai om paddata bygewerk te hou. Dit het die behoefte verminder om fisiese terreine vir inspeksie te besoek, wat tyd en geld spaar, en die uitlaat van kweekhuisgasse verminder.

Die algehele revolusionering van padveiligheid

Straataansig het Autori in staat gestel om inligtingdeling en situasiebewustheid vir padowerhede in Finland te verbeter, wat weer gehelp het om koste te verminder en doeltreffendheid te verhoog. Omdat Autori besef watter positiewe uitwerking dit oral in die wêreld kan hê, is hulle tans besig om aan 'n gestandaardiseerde model te werk vir die versameling en deling van paddata in die toekoms. Hulle het plaaslike inwoners ook gehelp om hul koolstofvoetspoor te verminder deur 1 000 km se fiets- en voetgangerpaaie te fotografeer. Mense kan nou toegang verkry tot bygewerkte data en kort afstande reis op 'n meer ekovriendelike manier. Daarby gaan hulle hierdie somer weer die pad vat om 'n bykomende 15 000 km in Finland te dek, wat hulle nader daaraan sal bring om byna die helfte van alle nasionale paaie in die land te fotografeer en op Straataansig te publiseer.

Autori se sukses is maar een voorbeeld van die talle unieke maniere waarop besighede Straataansig gebruik om ingewikkelde probleme op te los. Dit is meer as net 'n fotokarteringnutsding en kan ook onmeetbare voordele vir jou besigheid inhou. Is jy gereed om jou eie Straataansig-suksesverhaal te skryf?

Deel jou eie Straataansig-prente