Van ingeperk tot ontsluit – hoe Straataansig 'n Boeddhistiese koninkryk aan die wêreld oopgestel het.

Bhoetan, wat teen die Himalajas genestel is, het nog altyd talle bergpasse, welige valleie en rustige riviere gebied. Dis hoekom die regering met Straataansig saamgewerk het in ’n inisiatief van twaalf maande om hierdie verborge juwele uit te stal terwyl dit Bhoetan se toerisme en sosiaal-ekonomiese ontwikkeling ’n hupstoot sou gee.

Ná verskeie goedkeuringhindernisse en toestemmings vir verfilming kon die Toerismeraad van Bhoetan in samewerking met tegniese ondersteuning deur Google Singapoer in Mei 2020 met hierdie projek begin. Straataansig het hulle ondersteun met twee Ricoh Theta V’s, een Insta360 Pro, persoonlike opleiding en gereelde foutsporingsessies om hulle aan die gang te hou.

2 625,86 km

gefotografeer

2 398 285

prente gepubliseer

7,4 miljoen

kyke

Karteer die skoonheid van Bhoetan digitaal

Voor Straataansig se inisiatief het Bhoetan nie die tegniese kundigheid of toerusting gehad om met potensiële besoekers te verbind nie, wat dit vir toeriste moeilik gemaak het om reise te beplan. Nou kan enigiemand – van Boeddhistiese pelgrims tot potensiële besoekers – die vestingkloosters van Thimphu en ongerepte dorpies van Poenakha virtueel opspoor.

Alhoewel dit ’n mylpaal is in die regering se plan om na die wêreld uit te reik, is dit ook ’n stap vorentoe in Bhoetan se digitale reis na ’n IKT-bevoegde samelewing.

'n Bhoetanse pad met meer reisigers

Straataansig se slimnavigasie stel ’n wêreldwye warmkol aan toeriste beskikbaar en gee reisigers vryheid van keuse en beweging. Toegang tot intydse 360-flimmateriaal en virtuele toere van grondtoestande help besoekers om hul reisverwagtinge te bepaal en dienooreenkomstig te verken.

 

Bhoetan se weergawe van Google Straataansig help sowel die land as individue wêreldwyd. Dit kan gebruik word deur landmeters, besighede, staatsagentskappe, opvoedkundige instellings en ander mense om hul dienste te verbeter.

-

Dorji Dhradhoel, direkteur-generaal van die Toerismeraad van Bhoetan

 

Met 500 nuwe besighede wat by Straataansig gevoeg is en 4 000 opdaterings wat van Bhoetaanse kaarte gemaak is, trek inwoners ook voordeel daaruit, met alles van intydse verkeersopdaterings en roetevoorstelle tot groter blootstelling vir plaaslike besighede.

Google Straataansig-karteerders stel ’n kamera op ’n motor in Bhoetan op

Beter straataansigte

Nie net reik die regering se Straataansig-inisiatief uit na die wêreld nie, maar dit het ook geblyk baie nuttig vir die beplanning van ontwikkelingsprojekte te wees. Die verfilming van terrein wat al eeue lank verborge is, dui die begin aan van Bhoetan se erfenisinstandhoudingstrategie. Met Straataansig-data kan hulle padtoestande bepaal en verbeter waar nodig.

Bhoetan word deur al hoe meer ontdekkingsreisigers ontdek. Maar met net twintig dorpe gedek, 'n gebied van 38 394 vk. km, en planne om kaarte gereeld met nuwe infrastruktuurontwikkelings op te dateer, het hierdie Straataansig-inisiatief maar sopas begin.

Straataansig verbind klein wêrelde op groot maniere. Deur verborge juwele met boeiende prente te onthul, kan dit ’n omwenteling vir ’n land se vooruitgang beteken en ’n wesenlike rol in die ontwikkeling daarvan speel.

Deel jou eie Straataansig-prente