Ontdek wanneer, waar en hoe ons 360-prente insamel

Ontmoet Google se kleurvolle Straataansig-vloot en vind uit hoe ons 360-prente insamel om die wêreldkaart lewe te gee.

Google Straataansig-prentversameling
Google Straataansig-prentversameling se animasiemotor

Fotografiebronne

Straataansig-foto’s kom van twee bronne af: Google en ons bydraers.

Ons inhoud
Inhoud van bydraers af

Ons inhoud

Inhoud wat deur Google besit word, gee erkenning aan "Straataansig" of "Google Maps". Ons verdof outomaties gesigte en nommerplate in ons beelde.

Beleidbesonderhede

Google Straataansig-prent van Petra in Jordanië

Inhoud van bydraers af

Inhoud wat deur gebruikers bygedra is, vergesel 'n klikbare/tikbare rekeningnaam en in sommige gevalle 'n profielfoto.

Beleidbesonderhede

Dra by tot Straataansig

Google Straataansig-prent: Federico Debetto karteer Zanzibar

Waar ons hierdie maand karteer

Ons ry en loop wêreldwyd om vir jou prente te wys wat jou ervaring verbeter en jou help om die wêreld rondom jou te ontdek. As jy vir ons span wil waai, kan jy hier onder kyk wanneer hulle op ’n plek naby jou sal wees.

Datum Distrik
Datum Distrik

As gevolg van faktore buite ons beheer (weer, padsluitings, ens.), is dit altyd moontlik dat ons motors dalk nie sal ry nie of dat effense veranderinge dalk kan voorkom. Neem asseblief ook kennis dat waar die lys 'n spesifieke stad aandui, dit dalk kleiner stede en dorpe binne ryafstand kan insluit.

’n Vloot maak gereed om die wêreld se wonders te ontdek

Ons het ongelooflike plekke op al sewe kontinente besoek en daar kom nog meer. Voordat ons begin, oorweeg ons baie faktore, soos die terrein, klimaatsomstandighede en bevolkingsdigtheid om die regte vloot in te span en die beste prente in te samel.

Straataansig-motor

Die Straataansig-motor, wat met ’n kamerastelsel op die dak toegerus is, is die toerusting wat ons die meeste gebruik om prente in te samel. Dit het ons al gehelp om meer as 10 miljoen myl (16 miljoen kilometer) oor die wêreld heen vas te vang, insluitend ’n perd wat ’n piesang eet.
Straataansig-motor

Voetslaankamera

Hierdie draagbarekamerastelsel kan as ’n rugsak gebruik word of op ’n bakkie, sneeumobiel of motorfiets gemonteer word. Dit stel ons in staat om prente in te samel in smal paaie of op plekke wat ons net te voet kan bereik, soos die Inca-vesting Machu Picchu.
Voetslaankamera

Gee kaarte lewe

Nadat ons die prente klaar ingesamel het, is dit tyd om dit alles na jou skerm toe te bring. Hier is ’n blik op wat ons span agter die skerms doen.

  • Samel beelde in

    Heel eerste moet ons fisies rondry en die liggings afneem om in Straataansig te wys. Ons let noukeurig op baie faktore, insluitend die weer en die bevolkingsdigtheid van verskillende gebiede, om te bepaal wanneer en waar die beste moontlike beelde verkry kan word.

  • Belyn beelde

    Ons kombineer seine vanaf sensors op die motor wat die GPS, spoed en rigting meet om elke prent by sy geografiese ligging op die kaart te pas. Dit help ons om die motor se presiese roete te herkonstrueer en waar nodig selfs prente te kantel en te herbelyn.

  • Omskep foto's in 360-foto's

    Om te verhoed dat daar gapings in die 360-foto's is, neem aangrensende kameras foto's wat effens oorvleuel en dan "stik" ons hulle aanmekaar om 'n enkele 360-grade-beeld te vorm. Ons gebruik dan spesiale beeldverwerkingalgoritmes om "some" te verminder en gladde oorgange te skep.

  • Wys vir jou die regte prent

    Die spoed waarmee die motor se lasers van oppervlaktes af weerkaats, sê vir ons hoe ver ’n gebou of ’n voorwerp is en help ons om ’n 3D-model van die wêreld te bou. Wanneer jy in Straataansig na ’n gebied in die verte beweeg, bepaal hierdie model watter panorama vir daardie ligging die beste is om vir jou te wys.

Waar ons al was

Die blou dele op die kaart wys waar Straataansig beskikbaar is. Zoem in vir meer detail of blaai in Google Maps.

Kom meer te wete