Jou privaatheid op Google

Jy kan hier antwoorde kry op sommige van die topvrae oor privaatheid wat ons die meeste gevra word, soos wat is data? Lees ook die privaatheidsbeleid as jy meer te wete wil kom.

Jou ligging

Gaan na onderwerp toe

Deling op Google

Gaan na onderwerp toe

Data en personalisering

Gaan na onderwerp toe

Jy is in beheer

Gaan na onderwerp toe

Jou ligging

Weet Google wat my ligging is?

Wanneer jy ook al die internet gebruik, kan programme en werwe naastenby skat waar jy is, en dit geld Google ook. Google kan ook weet wat jou presiese ligging is, afhangend van jou toestelinstellings. (Raadpleeg Hoe presies is my ligging?)

Wanneer jy op Google soek, soos met Search, Maps of Google Assistent, kan jou huidige ligging gebruik word om vir jou nuttiger resultate te gee. Byvoorbeeld, as jy restaurante soek, is die nuttigste resultate waarskynlik vir restaurante in jou omgewing.

Raadpleeg Hoe kan jy jou ligging bestuur

Hoe kan ek ligging aan- en afskakel?

Wanneer jy op Google soek, sal Google altyd die algemene omgewing skat van waar af jy soek. Soos enige program of webwerf wat jy gebruik wat aan die internet koppel, kan Google jou ligging op grond van jou toestel se IP-adres skat. Sien Hoe weet Google waar ek is? vir meer.

Jy kan liggingtoestemmings vir individuele programme, werwe en vir jou toestel aan- of afskakel om te kies of jy jou presiese ligging wil stuur wanneer jy Google gebruik.

As jy jou huis- of werkadres stel en Google skat dat jy by die huis of werk is, sal die presiese adres vir jou soektog gebruik word.

Hoe presies is my ligging?

Jou algemene omgewing

Wanneer jy op Google soek, sal Google altyd die algemene omgewing skat van waar af jy soek. Sodoende kan Google vir jou relevante resultate gee. Dit hou ook jou rekening veilig deur ongewone aktiwiteit te bespeur, soos 'n aanmelding in 'n nuwe stad.

'n Algemene omgewing is groter as 3 vk. km en het minstens 1 000 gebruikers sodat die algemene omgewing van jou soektog jou nie identifiseer nie, wat help om jou privaatheid te beskerm.

Jou presiese ligging

As jy toestemming gee, kan Google jou presiese ligging gebruik. Google moet byvoorbeeld jou presiese ligging hê om die mees relevante resultate te wys vir soektogte soos "roomys in my omgewing" of draai-vir-draai-staprigtingaanwysings na 'n winkel toe.

Presiese ligging beteken presies waar jy is, soos 'n bepaalde adres.

Hoe weet Google wat my ligging is?

Jou ligging kom uit verskillende bronne, wat saam gebruik word om te skat waar jy is.

Jou toestel se IP-adres

IP-adresse word naastenby gegrond op geografie, soortgelyk aan foonnommergebiedskodes. Dit beteken dat enige program of webwerf wat jy gebruik, insluitend google.com, die algemene omgewing waarin jy is op grond van jou IP-adres kan skat. Jou internetdiensverskaffer wys jou toestel se IP-adres toe en dit is nodig om die internet te gebruik.

Jou toestelligging

As jy 'n Google-program of -werf toestemming gee om jou toestel se ligging te gebruik, kan daardie inligting gebruik word om te help verstaan waar jy is. Op amper alle toestelle is 'n ligginginstelling by die bedryfstelsel ingebou, gewoonlik in die instellings.

Jou aktiwiteit op Google

Google kan die algemene omgewing waarin jy is, skat op grond van jou vorige Google-soektogte. As jy byvoorbeeld gereeld pizza in Moembai soek, is dit waarskynlik dat jy resultate in Moembai sal wil sien.

Jou geëtiketteerde plekke

As jy jou huis- of werkadres gestel het, kan Google hulle gebruik om te skat waar jy is. Byvoorbeeld, as jy jou huisadres gestel het en jou IP-adres, vorige aktiwiteit of ander bronne van ligginginligting dui daarop dat jy dalk naby jou huis is, sal ons jou huisligging gebruik as 'n skatting van waar jy is.

Wie kan my ligging sien?

Dis jou besluit. As jy Google Liggingdeling gebruik, kan jy jou huidige ligging oral in Google-programme en -werwe met vriende en familielede deel.

Kyk of jy tans jou ligging deel

Liggingdeling is by verstek af. As jy jou huidige ligging wil deel, moet jy kies en bevestig met wie en hoe lank jy dit wil deel. Jy kan enige tyd ophou om jou ligging te deel.

Sien Deel jou huidige ligging met ander mense.

Data en personalisering

Watter data samel Google oor my in?

Wanneer jy Google-programme en -werwe gebruik, samel ons inligting in wat ons nodig het om hulle aan jou te lewer, om hulle nuttiger te maak vir jou en vir ander redes soos verduidelik in Hoekom samel Google data in?

Jy kan met jou instellings beperk watter data ons insamel en hoe daardie data gebruik word. As jy byvoorbeeld nie wil hê dat ons jou YouTube-geskiedenis in jou Google-rekening moet stoor nie, kan jy YouTube-geskiedenis afskakel. Raadpleeg Hoe kan ek besluit wat Google stoor?

Wat is data?

Jou persoonlike inligting sluit dinge in wat jy aan ons verskaf wat jou persoonlik identifiseer, soos jou naam of e-posadres. Dit sluit ook ander data in wat Google op redelike wyse met jou kan verbind, soos inligting in jou Google-rekening wat ons met jou assosieer.

Jou persoonlike inligting sluit twee soorte dinge in:

Dinge wat jy verskaf of skep

Wanneer jy 'n Google-rekening skep, verskaf jy persoonlike inligting, soos jou naam en 'n wagwoord, aan ons.

Jy kan ook inhoud stoor wat jy skep, oplaai of van ander mense af ontvang, soos e-posboodskappe en foto's.

Dinge wat jy op Google doen

Ons samel inligting oor jou aktiwiteit in ons dienste in, wat kan insluit dinge soos die terme waarna jy soek en die video's wat jy kyk, mense met wie jy kommunikeer of inhoud deel en jou Chrome-blaaigeskiedenis, om 'n beter ervaring te bied.

Ons samel inligting in oor die programme, blaaiers en toestelle wat jy gebruik om toegang tot Google-dienste te kry, wat ons help om kenmerke te bied soos om jou skerm te verdonker wanneer jou battery amper pap is.

Ons verwerk jou ligging, soos wanneer jy kenmerke soos draai-vir-draai-rigtingaanwysings gebruik. Sien die Ligging-afdeling vir meer.

Hoekom samel Google data in?

Ons samel inligting in wat ons nodig het om ons dienste te lewer, hulle nuttiger te maak vir jou en om ander redes soos verduidelik in Maniere waarop ons data gebruik.

Google Maps kan jou byvoorbeeld help om na plekke toe te gaan terwyl jy verkeer vermy omdat dit inligting oor waar jy is (jou data) met publieke data (kaarte en inligting oor publieke plekke) kombineer.

Maniere waarop ons data gebruik

Om ons dienste te lewer

Ons gebruik data om ons dienste te lewer, soos om die terme waarna jy soek te verwerk om resultate te kan wys.

Om ons dienste te onderhou en te verbeter

Data help ons om ons dienste te onderhou en te verbeter. Ons kan byvoorbeeld onderbrekings naspoor. En deur te verstaan watter soekterme die meeste verkeerd gespel word, help dit ons om speltoetskenmerke te verbeter wat oral in ons dienste gebruik word.

Om nuwe dienste te ontwikkel

Data help ons om nuwe dienste te ontwikkel. Byvoorbeeld, om te verstaan hoe mense hul foto's in Picasa, Google se eerste fotoprogram, georganiseer het, het ons gehelp om Google Foto's te ontwerp en bekend te stel.

Om persoonlike dienste, insluitend inhoud en advertensies, te lewer

Ons gebruik data om gepersonaliseerde inhoud te verskaf, byvoorbeeld aanbevelings van video's waarvan jy dalk sal hou. Afhangend van jou instellings en hoe oud jy is, kan ons vir jou gepersonaliseerde advertensies op grond van jou belangstellings wys.

Om werkverrigting te meet

Ons gebruik ook data om werkverrigting te meet en te verstaan hoe ons dienste gebruik word

Om met jou te kommunikeer

Ons kan jou e-posadres gebruik om vir jou 'n kennisgewing te stuur as ons verdagte aktiwiteit bespeur

Om Google, ons gebruikers en die publiek te beskerm

Ons gebruik data om mense aanlyn veiliger te hou, soos om bedrog te bespeur en te voorkom

Hoe gebruik Google data om dinge te personaliseer?

“Personalisering" gaan daaroor om die inligting wat ons insamel te gebruik om ons programme en werwe by jou aan te pas, byvoorbeeld:

  • Aanbevelings van video's waarvan jy dalk sal hou
  • Sekuriteitswenke wat aangepas is by hoe jy Google-programme en -werwe gebruik (sien Sekuriteitkontrole)

Ons gebruik ook data om advertensies te personaliseer, behalwe in gevalle soos wanneer die instelling af is of vir sekere ouderdomme.

Personaliseer Google die advertensies wat ek sien?

Ons probeer om die advertensies wat ons wys so nuttig moontlik te maak. Ons personaliseer egter nie advertensies vir sekere ouderdomme of vir mense wat Advertensiepersonalisering afskakel nie.

Ons kan advertensies steeds nuttig maak selfs sonder om hulle te personaliseer. As jy byvoorbeeld na 'n bladsy resultate vir "nuwe skoene" kyk, sal jy dalk 'n advertensie deur 'n tekkiemaatskappy sien. Die advertensie kan gegrond wees op algemene faktore soos hoe laat dit is, jou algemene ligging en inhoud van die bladsy waarna jy kyk.

Jy is in beheer

Hoe kan ek besluit wat Google in my rekening stoor?

Wanneer jy 'n Google-diens, soos Foto's, gebruik, is daar instellings waarmee jy dinge kan besluit soos of jy jou foto's wil rugsteun en sinkroniseer.

Daar is ook instellings wat help om jou ervaring oral in Google-programme en -werwe te personaliseer. Twee belangrikes is Web- en Programaktiwiteit en YouTube-geskiedenis.

Wanneer hierdie kontroles aan is:

  • Word inligting oor jou aktiwiteit in Google-programme en -werwe in jou Google-rekening gestoor en
  • Gestoorde inligting word gebruik om jou Google-ervaring te personaliseer

Web- en Programaktiwiteit

Stoor jou aktiwiteit op Google-werwe en -programme, soos Search en Maps, en sluit geassosieerde inligting soos ligging in. Dit stoor ook gesinkroniseerde Chrome-geskiedenis en -aktiwiteit vanaf werwe, programme en toestelle wat Google-dienste gebruik.

Jou aktiwiteit word gebruik om vir jou vinniger soektogte, beter aanbevelings en meer gepersonaliseerde ervarings op Maps, Search en ander Google-dienste te gee.

YouTube-geskiedenis

Stoor die video's wat jy kyk en die dinge waarna jy soek wanneer jy YouTube gebruik.

Jou YouTube-geskiedenis word gebruik om jou YouTube-ervaring en ander programme, soos jou soekresultate, te personaliseer.

Hoe vee ek My Aktiwiteit-data uit?

Jy kan data uitvee wat in jou Google-rekening gestoor is. Data wat jy kies om permanent uit te vee, word uit ons stelsels verwyder. Ons volg 'n sorgvuldige proses om seker te maak dat hierdie data heeltemal uit ons bedieners verwyder word of slegs gehou word in 'n vorm wat nie met jou geassosieer kan word nie.

Besoek My aktiwiteit om die aktiwiteit na te gaan wat in jou Google-rekening gestoor is, soos dinge waarna jy gesoek het, wat jy gelees het en wat jy gekyk het. Jy kan spesifieke stukke aktiwiteit of al jou aktiwiteit binne 'n spesifieke tydsbestek uitvee.

Jy kan ook kies om jou aktiwiteit outomaties uit te vee.

Hoe laai ek my inhoud af?

Jou inhoud sluit dinge in soos e-posse, foto's, video's, dokumente, sigblaaie, opmerkings, kontakte en kalendergeleenthede.

Besoek Laai jou data af om 'n argief van jou inhoud te skep – óf om dit te rugsteun óf om dit na 'n ander maatskappy toe te neem as jy 'n ander diens wil probeer.

Watter kontroles het ek wanneer ek afgemeld is?

Jy het kontroles waarmee jy kan kies hoe om Google te gebruik, selfs wanneer jy afgemeld is. Wanneer jy afgemeld is, kan jy g.co/privacytools besoek om hierdie instellings te verander:

Soekpasmaking

Gebruik jou Google-soektogte in hierdie blaaier vir meer relevante resultate en aanbevelings.

YouTube-soek- en -kykgeskiedenis

Gebruik jou aktiwiteit op YouTube, soos video's wat jy kyk en dinge waarna jy soek, om YouTube vir jou te personaliseer.

Jy kan ook sekere of alle webkoekies in jou blaaier blokkeer, maar dit kan veroorsaak dat sekere kenmerke op die web ophou werk. Byvoorbeeld, baie webwerwe vereis dat webkoekies aangeskakel moet wees wanneer jy wil aanmeld.

Afgemelde gebruikers kan ook kies of hulle gepersonaliseerde advertensies wil sien, hoewel ons vir sekere ouderdomme nie advertensies personaliseer nie.